1 Samuel 18:14 en in alles sukses behaal omdat die Here by
hom was.
Dertien banke
het geweier om vir Robert Powells en Ryan Morgan geld te leen om ‘n lekkergoed
winkel te begin. Meeste van ons sou opgegee het, nie Robert nie en Ryan nie.
Hulle het hul
tot skare finansiering gewend en sodoende hul eerste Rocket Fizz winkel oopgemaak.
Binne vyf jaar het hul die grootste ‘soda pop’ winkel in Amerika geword en ook
deure oopgemaak vir vele wat gedroom het om ‘n eie besigheid te besit d.m.v.
konsessie geleenthede.
Min mense het
die moed van hul oortuiging om aan te hou om aan deure te klop, al slaan die
een na die ander in hul gesigte toe. Ons
gee so maklik op as ons die eerste ‘nee’ aanhoor. As jy opgee op jou droom, dan kan jy nie
verwag dat ander daarin moet glo nie.
Wanneer een plan nie werk nie, probeer ‘n ander. Soms het ‘n mens net ‘n ander benadering
nodig.
Meeste mense
wat suksesvol is, sal jou verhale vertel van mislukkings wat hul sukses
voorafgegaan het. Daar is bitter min wat
die eerste keer suksesvol is. Dit is gewoonlik ‘n lang en opdraende stryd om te
kom waar hul wil wees.
Jo Black het
onlangs gesê hy weet nie waaroor die ophef oor hom is nie, want sy oornag
sukses het 16 jaar geduur.
Moenie jou
blindstaar teen ander se pad of hul sukses nie.
Dawid was suksesvol omdat die Here by hom was. Jy moet jou eie paadjie stap en ek wil glo
dat jy dit tree vir tree saam met God sal doen.
No comments:
Post a Comment