Psalm 37:4 Vind jou
vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Baie van ons
vereenselwig vreugde met geluk. As ons
gelukkig is sal ons vol vreugde wees. As
ons eers bates, sukses, ‘n maat het… dan sal ons van vreugde straal en gelukkig
wees. Tog bly geluk ons ontwyk.
Dit is omdat
God nie op dieselfde manier as ons opereer nie.
Hy werk eintlik agterstevoor.
Wees eers bly, dan kry jy sommer alles wat jy wil hê.
Hoe vind ek my
vreugde in God? Hy is nommer Een in jou
lewe, die alfa en omega. Jy streef
daarna om soos Hy te wees. Alles wat jy
doen, doen jy tot eer van Sy naam. Jy
vra nie net na Sy wil, maar bly binne Sy wil.
Wanneer ander
na jou kyk, moet hul begeer om ook soos jy te wees. Hulle moet wonder hoekom jy so straal. Dit beteken nie dat dinge nie in jou lewe
gaan verkeerdloop of dat jy nie versoek sal word nie, maar dit is om ten spyte
van alles, soos Job, God steeds te dien met alles binne jou omdat jy weet waar
jou krag vandaan kom.
Here, U is my alles. Help my
om elke oomblik van elke dag my vreugde in U te vind.
No comments:
Post a Comment