Romeine 12 :
6 Ons het gawes wat van mekaar verskil
volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het
Ons
is geneig om onsself met ander te vergelyk.
Ek wil ook so vinnig soos Wade van Niekerk hardloop of ek wens ek kon
toneelspeel soos Meryl Streep. As ek
maar net kon skilder soos Pierneef.
En
eintlik is dit so onnodig, want ons het elkeen unieke gawes van God ontvang.
Ons sou mos geen waardering vir ‘n Pierneef gehad het as ons almal soos hy kon
skilder nie. Juis ons diversiteit maak
dat ons mekaar kan bewonder en komplimenteer.
Een persoon kan blomme rangskik en ‘n ander is uitstekend met décor terwyl
nog iemand fantastiese kos maak. Deur al
ons talente saam te gooi, kan ons ‘n manjifieke funksie reël.
As ek
reg onthou was dit John Maxwell wat voorstel dat ons iewers werk waar ons 80
persent van die tyd iets doen waar ons beste talent aangewend word, 15 persent
waar ons ‘n nuwe vaardigheid kan leer en slegs 5 persent dit waarmee ons regtig
nie goed is nie. Natuurlik mag dit so
wees dat jy ‘n talent het waarvan jy nie weet nie. Dit sal jy net ontdek as jy iets doen wat jy
nog nooit gedoen het nie of blootgestel word aan iets wat jy nog nooit
vantevore ervaar het nie.
Wat
is jou sterkpunte? Dalk weet jy nie of
is jy nog nie seker nie. Stuur gerus ‘n
boodskap vir 5 vriende / vriendinne / kenisse en vra dat hul met net 1 woord
jou beste eienskap beskryf. Jy sal
verstom staan oor dit wat jy terugkry.
Koester
jou sterkpunte… ontwikkel en slyp hul en moenie soveel fokus op dit wat jy
nie kan doen nie. Ek sal nooit in my
lewe soos Wade kan hardloop nie, daarmee moes ek vrede maak, maar dan weer…
Wade sal nooit kan doen wat ek doen nie.
En dit is ook ok.
No comments:
Post a Comment