Jesaja 45:2 Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes
gelykmaak
Oefening
is nie my ding nie. Ek raak sommer
byvoorbaat moeg, maar in ‘n huwelik moet jy gee en neem. Manlief hou van ‘n meer aktiewe lewensstyl. So stem ek in om saam met hom fiets te ry.
Mense,
as ek maar geweet het wat vir my wag. Die
gelykpad kan nog gaan… ek verbeel my amper dat ek dit geniet, maar daardie
bulte! Ek blaas en sweet agter hom
aan. Hygend hert!
“Is
jy ok?” kom Manlief se stem na my.
Ek
knik net my kop, daar’s nie krag vir praat ook nie. Hoe ver nog, wonder ek terwyl ek weet ons het
nog skaars begin. My bene voel soos
lood. En ek sit moeilik. Ek is seker daarvan die saal het in ‘n
ysterpyp verander.
“Wil
jy nie stop vir ‘n bietjie water nie?”
Ek
beduie nee en trap verwoed. Gee en neem,
gee en neem, maal dit in my kop terwyl my bene ritmies op en af beweeg. Hierdie bulte! Kan ons nie maar iewers ry waar daar geen
bulte is nie?
In
die lewe is daar ook bulte en gelyktes.
Partykeer voel dit of ons ook die een bult na die ander uitbeur. Ons sukkel finansiëel… alles wat kan
verkeerdgaan, gaan verkeerd… Dit voel of alles en almal teen ons is. Ons kom net nie voor nie. Ons vee denkbeeldige sweet af.
Miskien
is dit waar jy jou op die oomblik bevind.
Wanneer ons te veel gelykpad ry, dink ons dat ons op ons eie kan klaarkom. En so dwaal ons af. Dis tyd om terug te draai na daardie plek
waar jy jou afhanklikheid van God besef.
Ken God in alles en Hy sal jou paaie gelykmaak.
Ry
ons nog fiets? Nee, want ek het
‘gelukkig’ soveel pap wiele gekry dat Manlief moeg geword het vir die
aktiwiteit. Ons stap nou in die natuur…
waar daar selde gelyktes is.
No comments:
Post a Comment