Psalm 56:4 Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U.
“I learned that
courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is
not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear…” ― Nelson
Mandela
Om
bang te wees vandag, het amper deel van ons bestaan geword. Jy lees meer gereeld as wat jy sou wou van
mense wat vermoor word. Daarom sluit
ons, onsself toe agter veiligheidshekke en heinings.
En
dan is daar die tromme van onrus wat die boodskap van grondonteiening
oordra. Jy raak bekommerd en jy wonder
waar gaan dit alles eindig?
Juis
daarin lê die ironie van hierdie aanhaling van iemand soos Nelson Mandela. Ons mis, sy wysheid en sy
verdraagsaamheid. Dit is ‘n ander era… ‘n
ander seisoen.
Ons
kan nagte om wakker lê… ons kan daaroor met mekaar praat… ons kan na elke
onderhoud luister en elke berig lees… ons kan met fortuinvertellers gesels… of
ons kan na God draai.
Angstigheid
gaan niks aan die uitkoms verander nie.
God kan egter die situasie omkeer tot eer van Sy naam. Lewe sonder om omverskoning te vra vir wie jy
is. Vrees niks, behalwe God. Dapperheid is ‘n besluit wat ‘n kind van God
in geloof neem.
Faith activates
God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen
No comments:
Post a Comment