Numeri 13:30 Kaleb het egter die manne wat met Moses
praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem,
want ons kán dit doen.”
“No one can do
everything, but everyone can do something” ― Max Lucado
Voel
jy ook asof jy alles moet doen? Daar is ‘n
huis vol mense, maar niemand sal skoonmaak nie… jy moet alles doen.
By
die werk voel jy asof jou kollegas lyf wegsteek en omdat jy nie kan toesien dat
jul misluk nie, doen jy meer as jou deel.
Die
sportspan waarvan jy deel is, verloor die een wedstryd na die ander. Jy weet
dit is omdat hulle nie alles insit nie, so jy sit ekstra in.
Dit
is nie abnormaal nie. Mense het
eenvoudig verskillende prioriteite, maar moenie dat dit jou afsit nie. Trek
hulle in deur verantwoordelikhede aan hul te delegeer, maar maak seker hulle
weet dat jy hul vertrou met daardie aktiwiteit omdat jy glo dat hul die beste
persoon is om daardie taak te verrig. As
hul dit gedoen het, al is dit nie eenhonderd present volgens jou standaard nie,
prys hul opreg. Maak hulle deel van
besluitneming. Almal hou daarvan om te
voel hul mening tel.
Die
engelse woord TEAM is ‘n oulike akroniem vir ‘n eenvoudige beginsel: “Together everyone achieve more”. Wanneer daar spanwerk is, wen die hele span,
nie net die kaptein nie.
Soms
is mense nie onbetrokke omdat hul nie wil deelneem nie. Hul is bloot onbetrokke omdat daar nie
behoorlike leierskap is nie.
Die
Israeliete was ‘n volk wat maklik afgedwaal het, maar elke keer as hul ‘n sterk
leier gehad het, het hul weer soos een man agter hom ingeval en vorentoe
beweeg. Kaleb was so ‘n leier.
“You don't
develop courage by being happy in your relationships everyday. You develop it
by surviving difficult times and challenging adversity…” ~ Epicurus
No comments:
Post a Comment