Matteus 16 :
18 “Op hierdie rots sal ek my kerk oprig”
Behoort
jy aan ‘n kerk? Is jy ‘n aktiewe lidmaat
van die kerk? Of wil jy dalk niks met
die kerk te doen hê nie?
Daar
is mense wat reken dat daar nie meer plek vir die kerk is in vandag se
samelewing nie. Mense is te besig om
kerk toe te gaan. Baie werk selfs
Sondae. Mense is nie meer so gelowig
nie. Omdat jongmense vandag sulke lang
ure werk, slaap hul eerder Sondae ‘n bietjie laat. Sodoende kom hul nie in ‘n kerk nie en kan
hul ook nie meer hul kinders in die kerk opbring nie.
Omdat
Godsdiens ook nie meer in skole mag aangebied word nie, is daar baie kinders
wat nie ‘n idee het wie die Bybelse karakters is of selfs ‘n Bybel onder oë kry
nie. So loop die kerke leeg.
Die
paar wat oor is, het hul eie binnegevegte. Mense is jaloers op mekaar se rolle of die
aandag wat hul kry en kort voor lank gaan hul nie meer kerk toe nie omdat hul
voel dat hul tenagekom is.
Dan
word diegene wat wel in die kerk is ook nog gekritiseer as dwepers of mense wat
net voorgee, want sodra hul die kerk uitstap is hul net so sondig soos diegene
wat nog nooit ‘n kerk van binne gesien het nie.
Hoe
seer moet dit nie vir God maak nie. Hy
het bedoel dat die kerk ‘n hospitaal vir gewondes moet wees, ‘n familie moet
bied vir die eensames en ‘n skool om jonk en oud vir die lewe voor te berei.
Dit moes die plek wees waar aarbeiders/dissipels gevorm en toegerus word om die
wêreld in te vaar en siele vir God se koninkryk te gaan werf. Nou staan die oes ryp op die land en daar is
te min arbeiders.
Deur
die genade is God se huis (die kerk) op ‘n rots gebou wat nooit sal vergaan
nie. Selfs al probeer ons dit afbreek of
afkraak, sal ons nooit die kerk tot niet kan maak nie.
Ja,
die kerk is nie perfek nie, maar is dit nie juis hoekom iedereen daar welkom is
nie?
No comments:
Post a Comment