Psalm 139 : 14 –
15 Ek wil U loof, want U het my op 'n
wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit
weet ek seker: geen been van my was vir
U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek
aanmekaargeweef is diep in die moederskoot
Ons
vergelyk onsself voortdurend met ander.
Jy blaai deur ‘n tydskrif en wens jy het ‘n vel gehad soos die persoon
op die bladsy voor jou. Of jy wens jy
het soos hul gelyk… of dit nou hul liggaamsbou of oë of bene of hare is.
Baie
min van ons is eenhonderd present tevrede met wie ons is. As dit so was, sou daar nie so ‘n geweldige
mark gewees het vir onder andere haarkleurmiddels, sonbrandroom of
gewigsverliespille nie. Daar is altyd
maar daardie plekkie aan jou liggaam wat jy graag sou wou verander. Die persoon met krulhare wil reguit hare hê en
die persoon met stokkies begeer weer ‘n krullebol. ‘n
Niggie van my het vir jare middae na skool aan hul wasgoedpaal gehang omdat sy
gehoop het sy sou sodoende rek en langer word.
Die
persoon wat ons bewonder of wie se karaktertrekke ons beny het ook
onsekerhede. Daardie persoon het ook
iets aan hul liggaam waarmee hul nie gelukkig is nie. Feit is:
Niemand is perfek nie. Die geheim
is om jouself te aanvaar vir wie jy is.
Eintlik
lê die probleem daarby dat ons te dikwels op daardie een of twee swakpunte (in
ons oë) fokus en die horde ander positiewe karaktertrekke heeltemal mis.
Het
jy al ooit vir iemand ‘n kompliment gegee en die persoon maak dit af op so 'n manier dat jy
eintlik aan jou eie oordeel begin twyfel?
Hoekom kan ons nie ‘n kompliment met grasie aanvaar nie.
James Thurber het
geskryf: “Almal moet probeer om voor hul
dood uit te vind waarvan hulle weghardloop en waarheen en waarom.”
Kyk ‘n
slag na jouself in die spiëel en sien jouself deur God se oë. Jy is pragtig en uniek, perfek geskape
volgens die Skepper van die heelal.
No comments:
Post a Comment