2 Timoteus 3 :
16 – 17 Die hele Skrif is deur God
geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te
bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, sodat die man
wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke
goeie werk.
God
het vir jou en my toegerus met alles wat ons mag nodig kry om te wees wie Hy ons
bedoel het om te wees. Geseënd is jy,
Koningskind.
Omdat
die seen van God Almagtig op jou lewe rus, kan jy verseker weet jy het ook moed,
durf en innerlike krag wat jou in staat stel om aan te hou lank nadat ander al
opgegee het.
Drink
die Woord van God in… vul jou hele wese daarmee. Dit bou jou geloof en rus jou al meer en meer
toe vir die goeie werk waarmee jy besig is.
Volgende
keer as jy wonder of jy goed genoeg is, of dalk aan jou vermoens twyfel, gaan
terug na Die Woord en voed jou geloof met die woorde daarin verewig. Fokus op Sy woorde wat bevestig dat jy tot
alles in staat is omdat Hy jou die krag gee.
Jy kan jou drome verwesenlik. Jy
kan die hoogste sport bereik. Jy het die
idees, die kreatiwiteit en talent om suksesvol te wees. Jy kan elke struikelblok oorkom. Onthou dat jy gewapen is met krag en geloof
vir elke stryd en dat die vyand wat teen jou is nie bestand is teen God
almagtig nie. Jy is behoorlik en volkome
toegerus.
No comments:
Post a Comment