Jakobus 2:17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie
tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
Om te
glo is nie genoeg nie. Ons moet ons moue
oprol en ons hande vuilmaak. Hoekom?
Dit
is maklik om op ‘n afstand na mense te kyk wat swaarkry. As jy op die nuus hoor van ‘n tragedie soos
die onlangse tsunami in Indonesië, raak dit jou nie juis nie. Daar is afstand… dis net beelde op televisie… hulle is niks van jou nie. (behalwe dat ons vergeeet hul is ons naaste)
Sou
jy egter daar wees, sou dit ‘n hele ander situasie gewees het. Jy sou die dood kon ruik. Jy sou mense kon hoor huil of kerm. Jy sou nie net kon staan en kyk, omdraai en
wegloop nie.
Ghandi
is baie bekend vir sy stelling dat jy nie kan oordeel as jy nie in iemand se
skoene gestap het nie.
Sou
jy nog apaties kon wees teenoor haweloses as jy tyd saam met hulle op ‘n koue
Wintersnag onder ‘n bos of brug sou deurbring?
Sou jy hul nog as ‘n probleem gesien het as jy hul stories gehoor het…
kinders wat verwaarloos of misbruik word, kinders wat selfs weggejaag word…
Mense wat alles verloor en niemand het om hul na te keer vir hulp. Dink jy regtig dat enige iemand uit eie vrye
wil sonder heenkome wil wees, sonder sekerheid oor waar jou volgende maaltyd
vandaan gaan kom… blootgestel aan ander se veroordelende oë, selfs skeltaal?
Elke
dag raak die nood groter. Mense wat
nooit gedink het dat hul hulself in soortgelyke omstandighede sou bevind, is
nou daar.
Ons
moet inspring en help. Ons moet die
geleentheid gebruik om mense te laat sien hoe dit sou wees as Jesus hier
was. Ons moet die hande en voete van Hom
wees wat soveel vir andere omgegee het en steeds omgee.
No comments:
Post a Comment