Genesis 39 :
9 Hoe kan ek so 'n verkeerde ding doen?
Ek sal mos teen God sondig!”
Potifar,
'n amptenaar van die farao en hoof van die lyfwag, 'n Egiptenaar van geboorte,
het vir Josef by die Ismaeliete gekoop wat hom Egipte toe gevat het.
Potifar
was Josef goedgesind en hy het hom oor alles in sy paleis aangestel. Ons lees dat Josef fris gebou was en mooi. Sy eienaar se vrou het dit ook opgemerk en
Josef verlei.
“Kom slaap by my.” Josef het nie toegegee nie. Hy het haar herinner hoe goed haar man vir
hom is en dat dit oneties sal wees om iets so verkeerd aan iemand te doen wat
goed is vir jou. Josef is ook nie skaam
om duidelik te maak dat hy ‘n kind van God is nie. Hy sê dan ook vir haar in die teks hierbo dat
dit ‘n sonde teen God sou wees om by haar te slaap.
Hoeveel
mense sou so standvastig gebly het as versoeking hul pad kruis? Seks word dikwels as ‘n betaalmiddel
gebruik. Slaap by my en ek maak vir jou
deure oop.
Behalwe
dat dit kortsigtig is, gee jy die persoon mag.
Daardie persoon weet dat jy enige iets sal doen om te kom waar jy wil
wees. Respek is verseker by die deur
uit. En die eise kan net meer raak.
So
iemand sal ongelukkig weer een of ander tyd ‘n nuwe prooi ontdek en dan het jy
jou reputasie verniet opgeoffer. Maar
nog erger, jy het het teen God gesondig.
Jy
kan nooit goed voel oor egbreuk nie. Dit
is nooit geregverdig nie. Staan sterk
soos Josef en jy sal die vrugte van gehoorsaamheid pluk.
No comments:
Post a Comment