Romeine 4 : 17 soos daar geskrywe staan: “Ek het jou die
vader van baie nasies gemaak.” Dít is hy in die oë van God in wie hy geglo het,
God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur
sy woord.
Hoe vas staan
jy in geloof? As jy bid en God antwoord
nie dadelik nie, gee jy op? Hou jy op en
glo dat God in elk geval niks aan jou situasie kan verander nie? Vers 18 sê: Toe daar geen hoop meer was nie,
het Abraham nog gehoop en geglo.
Abraham het
alle rede gehad om op te hou glo. Hy was
al oor ‘n honderd jaar oud… sy vrou was al verby haar vrugbaarheidstyd… en as
niks tot nou toe gebeur het, wat is die kans dat daar iets in die toekoms gaan
gebeur? Abraham stel egter vir ons ‘n
voorbeeld in vers 20 & 21: Hy
het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy
geloof versterk en het aan God die eer gegee.
Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy
beloof het.
Om te glo as
daar nog ‘n kans is, is een ding, maar om te glo wanneer jy voor jy siel weet
dis te laat, dis heeltemal ‘n ander ding.
Hoe kon hy so vas glo. Abraham
het hom toespits op God se CV. Hy het
dooies lewend gemaak en dinge wat nie bestaan nie, tot stand gebring deur sy woord.
God weet wat
die toekoms inhou. In Sy alwysheid het
Hy geweet dat Hy nie leë woorde uiter as Hy vir Abraham sê dat Hy hom die vader
van baie nasies sal maak nie. Hy het
geweet van Isak, die seuntjie wat uit ‘n toe reeds onvrugbare vrou gebore sou
word. Dalk het God so effens Sy mond
verbygepraat (met respek gesê).
God weet ook
wat in jou toekoms lê. Hy is ook ‘n God wat ons graag gee, die begeertes van
ons harte. Wanneer ons dus in gebed tot
Hom nader, al lyk die saak hoe onmoontlik, kan ons vasstaan in geloof, want God
is ‘n waarmaker van Sy woord. Glo vandag soos Abraham, al is daar geen hoop nie.
No comments:
Post a Comment