Jesaja 54 : 17 Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val,
sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is
hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied,
sê die Here.
Het dit al met
jou gebeur dat mense slegpraat of stories versprei oor jou? Dan ken jy die magteloosheid wat daarmee
gepaardgaan. Niks wat jy sê of doen kan
die aanvalle keer nie. Partykeer is dit
eerder olie op die vuur.
Dit maak veral
seer wanneer dit wat mense sê van alle waarheid ontbloot is. Dit is veral wanneer jy probeer om ‘n rein
lewe te lei dat hierdie aanvalle jou nog seerder maak. Dit is ‘n klap in jou gesig… ‘n aanval op jou
waardes.
Dit is menslik
om jouself te probeer verdedig, maar dit is eintlik heeltemal onnodig. God sien en hoor alles en Hy is glad nie
beindruk nie. Laat dus maar toe dat
diegene wat jou tenakom vir hulself ‘n gat grawe, want hul gaan self in daardie
gat opeindig.
Die lewe is nie
regverdig nie, maar dit beteken nie dat God ook nie regverdig is nie. Hy bevestig vandag dat Hy geregtigheid sal
laat geskied.
Al gaan die
aanslae nie ophou nie, moenie toelaat dat dit jou aftrek nie. Moenie probeer om dit op jou eie te hanteer
nie. Jy gaan oor tot verdediging. Ons dink soms ons kan net so sarkasties wees,
net so terugskel, net so slim terug antwoord, maar dit beteken ons wil op ons
eie kragte staatmaak. Vertrou eerder op
Hom. God sê: ‘Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik
nie. (Deuteronomium 1 : 29)
God kan die
hele situasie binne ‘n oogwenk verander.
Laat gaan en laat God.
No comments:
Post a Comment