Romeine 14 : 12 Elkeen van ons sal dus oor homself aan God
rekenskap moet gee
Hoe maklik
oordeel ons nie mekaar nie? Ons is so op
verskille tussen mekaar gefokus dat ons nie eens agterkom hoeveel ooreenkomste
daar is nie.
Ons dink as ons
'n verskil kan vind en daarop in-zoom, kan ons die ander persoon afkraak,
verneder, neerbring en dan lyk ons mos beter.
Waar is naasteliefde in die prentjie?
Wanneer jy
Romeine 14 lees, kom jy agter hoe relevant die Bybel steeds vandag is. Ook ons soek 'n stok om iemand anders te
slaan. Vers 5 het goeie advies: "Elkeen moet net in sy eie moed oortuig
wees van sy opvatting.
Partykeer dink
ek dit is omdat ons vir onsself leef en nie soos vers 8 aanbeveel dat ons vir
die Here moet lewe. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here.
Dis nie vir ons
om fout te vind of te oordeel nie. Soos
hy terg sê in vers 10: Ons sal tog almal voor die regterstoel van
God moet verskyn." In plaas van
my naaste dop te hou en probeer in 'n slegte lig stel voor God en ander, moet
ek eerder verantwoordelikheid neem vir my eie siel.
Wanneer ons nie
vir onsself lewe, maar vir die Here, sal ons uitkyk verander, want voor Hom is
ons almal gelyk. Daar is nie
witbroodjies nie. Daar is nie voorkeur
of voortrekkery nie.
No comments:
Post a Comment