Hosea 6:6 want Ek verwag
liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers.
Toewyding is
nie juis die onderwerp van die dag nie.
Ons is ‘n bakhand-generasie.
Daarom sal ons daar wees terwyl dit goed gaan, daar uitgedeel word, maar
wanneer die voorsiening opdroog, verdwyn ons soos mis voor die son.
Ons wil veral
nie betrokke raak nie. Mense moet net
nie iets van my verwag nie. Daarom groet
ons nie ons bure nie, want ons wil mense nie naby ons toelaat nie.
Ons fobie vir
toewyding raak elke aspek van ons lewe. Egskeidingsyfers
neem toe terwyl die hoeveelheid mense wat trou, afneem. Dis hoekom verhoudings so maklik
sneuwel. As dit nie werk nie, beweeg ons
aan. Ons doen nie moeite nie… is nie
bereid om op te offer of die minste te wees nie.
Vasbyt en
deurdruk ten spyte van omstandighede is te veel moeite. Handoek ingooi is veel makliker. Dalk is dit hoekom soveel graad eentjies
nooit matriek haal nie en diegene wat gelukkig is om te gaan studeer, dikwels
opskop.
Selfs wat ons
geloofsake betref is daar min toewyding.
Kerke loop leeg. Vir baie van ons
is dit moeite om elke Sondag kerk toe te gaan.
Wie woon nog bidure of hemelvaartdienste by?
Baie kinders
word geld in die hand gestop eerder as wat hul ouers gehaltetyd saam met hul
deurbring. En dan gooi ons saam met
ander hande in die lug en vra: “Wat word
van die jeug?”
Toewyding is wat God van ons verwag. Hoe kan jy meer toegewyd raak? Psalm 86:11 Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien
No comments:
Post a Comment