Matteus 10 : 19 Moet julle nie bekommer oor hoe of wat julle
moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê
Party mense
weet altyd wat om te sê. Hulle het die
vermoë om te troos, te bemoedig, te inspireer… woorde ontbreek hul nooit.
Hoe dit ookal
sy, meeste van ons kom op ‘n plek dat ons nie weet wat om te sê nie. Wat sê jy vir ‘n ouer wat ‘n kind aan die
dood afgestaan het? Wat sê jy vir iemand
wat gehoor het hul het net twee maande oor om te leef? Wat sê jy vir iemand wat alles verloor het
waarvoor hul jare lank gewerk het? Wat
sê jy vir die mamma wat tevergeefs wag dat haar kinders vir haar kom
kuier? Wat sê jy vir iemand wat nie in
God glo nie?
Dis wanneer jy
besef dat jy Goddelike ingryping nodig het.
Net God kan die regte woorde in jou mond lê.
Ook in jou eie lewe is daar onbeantwoorde vrae? Jy verstaan dalk nie waardeur jy gaan nie. Jy vra hoekom ek? Wanneer gaan ek weer lag? Ons het nie al die antwoorde nie, maar God het. Vra Hom vir insig en wysheid. Hy is alwys en alwetend.
Psalm 31 : 7 – 8 My vertroue stel ek in die Here. Ek wil jubel en juig oor u troue liefde; U was nie onverskillig teenoor my ellende
nie; U het die bedreiging van my lewe
raak gesien.
No comments:
Post a Comment