Genesis
18 : 14 Is iets te buitengewoon vir die
Here?
Het jy al ervaar dat dit uit die blou lug reën sonder dat
daar ‘n enkele wolkie in sig is? Onmoontlik? Te buitengewoon? Hoegenaamd nie. Ons praat in sulke gevalle
van Jakkals trou met wolf se vrou.
Ek glo dat God juis so iets laat gebeur sodat ek en jy kan
besef as Hy reën kan stuur sonder ‘n wolkie in sig, kan Hy enige iets
doen. Net so kan Hy genees al sê die
dokter jy het net ‘n paar maande oor, Hy kan uitkoms bring al lyk die situasie
hoe onmoontlik. Hy kan, want Hy is God. Hy het nie ‘n bank of die bankbestuurder
nodig om jou finansiële krisis op te los nie.
Hy het nie nodig om met jou baas te gesels om jou te bevorder nie… dit
sal net gebeur… Goddelike ingryping!
Ons dien ‘n God vir wie niks te buitengewoon is nie. Hy
kan ‘n weg maak waar daar geen weg is nie.
Hy laat kwartels en manna uit die lug val… Hy laat ‘n volk jare lank
deur ‘n woestyn trek sonder dat hul klere of skoene verslete raak… so wat dink
jy is daar in jou lewe wat Hy nie kan doen nie?
Niks...
No comments:
Post a Comment