Sagaria
7 : 11 Maar die volk het geweier om daarop ag te slaan, hulle was moedswillig,
hulle het hulle doof gehou,
Keer op keer gee God die volk nog ‘n kans en keer op keer
val hul terug. Ek weet ons kan God nie
met ‘n mens vergelyk nie, maar dit moes nogal dreinerend gewees het. Ervaar jy dalk dieselfde met iemand na aan
jou? Net soos jy dink hulle het
uiteindelik die lig gesien en is nou op die regte pad, val hul weer terug.
Soms moet ons aanvaar dat iemand nog nie gereed is om te
verander nie.
Sulke mense praat graag, maar dis einlik net leë
woorde. Om te sê jy gaan verander, maar
om dit te doen en vol te hou, dis heeltemal ‘n ander saak. Soos Jakobus sê, word ‘n dader van die
woord. As jy dit net hoor, bedrieg jy
jouself (Jakobus 1 : 22)
Dit kan ook gebeur dat hulle by jou wil weet wie jy nou
eintlik is om hulle te probeer reghelp.
Eintlik impliseer hul dat jy nie gekwalifiseer of toegerus is vir die taak
nie. Jesus is ook deur die mense verwerp
en eintlik was Hy al wat hul nodig gehad het.
Ek het twee dinge geleer. God doesn’t look at your ability, but at
your availability en tweedens God
doesn’t call qualified people, He qualifies those he called. Dit is nie dat jy hulle nie kan help nie, dit
is hulle wat nog nie gereed is om gehelp te word nie.
Die laaste groep is mense wat opkyk na jou, jou selfs
beny, maar dit nie wil erken nie. Hulle
wil op jou vlak kom en dieselfde verhouding met God hê, maar hulle wil nie
reggehelp word nie. Hulle is hardkoppig
en sal hul vingers pikswart verbrand, maar nie hulp of leiding aanvaar nie. Dalk sal hul soos Dawid een of ander tyd erken
Psalm 19 : 71 Dit is vir my goed dat ek
swaargekry het, want daardeur het ek u voorskrifte geleer.
No comments:
Post a Comment