Psalm 91 : 2 hy sê vir die Here: “U is my toevlug en my
veilige vesting, my God op wie ek vertrou.”
Die een ding
wat ek besef, is dat daar merkwaardige krag in ons woorde is. Ons woorde rig as’t ware ons koers vir die
dag. Jy besluit dus deur die woorde wat
uit jou mond kom hoe jou dag gaan verloop.
Sou jy opstaan
met ‘n houding van geloof en afwagting en God se Woord verklaar oor jou lewe,
sal jy versterk en bemagtig word deur die Heilige Gees. Terselfdertyd kan jy met elke Jan Raap en sy
maat gesels oor jou probleme en bekommernisse en sodoende voel hoe geloof uit
jou drup en kort voort lank sal jou fokus in hierdie neig.
Dit is hoekom
dit nodig is om absoluut bewus te wees van jou woorde en gedagtes. Neem gerus saans voorraadopname. Was ek vandag my beste ondersteuner of was ek
eintlik my grootste vyand deur wat ek gesê of gedink het? Was en negatief of positief? Het ek op myself staat gemaak of myself
herinner aan wie God is?
En hoe gemaak
as teëspoed of storms my tref? Weereens,
jy het ‘n keuse. Moenie jouself kelder
nie. Verklaar dat God jou toevlug en
veilige vesting is, maak nie saak wat jou pad kruis nie. Herinner jouself dat jy tot alles in staat is
deur Hom wat jou die krag gee. God se
Woord is ‘n getuigskrif van Wie Hy is en waartoe Hy in staat is. Ken jy nog so ‘n magtige persoon? Het jy
enige iets of enige iemand anders nodig?
No comments:
Post a Comment