Haggai 2 : 9 Die roem van die tempel sal in die toekoms
groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal
Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.
Ons leef in ‘n
tyd dat God besig is om Sy guns uit te stort en Hy wil jou verras met sy guns
en goedheid. Miskien het jy al so ‘n
ietsie daarvan gesien in jou lewe, maar weet jy, jy het nog niks gesien
nie. Dit wat Hy in gedagte het vir jou
is meer as wat jy ooit sal kan dink of droom.
Wanneer jy
hierdie teks lees besef jy dat dit wat God in die verlede gedoen het nie eens
sal kan vergelyk met wat hy vir die toekoms beplan nie. Dit wat God vir jou ouers of grootouers
gedoen het, was fantasties… dit wat hy tot nou toe vir jou gedoen het, is
genade, maar dit wat kom is groter as ooit.
Begin dus in
afwagting leef. Droom groter…sien
vooruitgang en voorspoed voor jou geestesoog en kyk uit vir daardie geleenthede
wat jou pad gaan kruis. Let op, jy sal
dit nie hoef te gaan soek nie, dit sal jou pad kruis. Dis bestem vir jou. Dit wag vir jou. Maak jou hart en gemoed oop om dit met grasie
te ontvang.
En moenie
uitmis daarop omdat jy pessimisties is en dink dat niks goed nog ooit met jou
gebeur het of ooit sal gebeur nie.
Pessimisme plaas nie net ‘n demper op jou drome nie, dit vermorsel
dit.
Net soos wat
die Winter een of ander tyd moet plek maak vir Lente, net so moet jou swaarkry
ook plek maak vir guns. Elke probleem
het ‘n vervaldatum en joune is op die punt om te verstryk. In die plek daarvan is daar spesiale seëninge
uit God se hand.
No comments:
Post a Comment