Jesaja 43 : 18 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en
by die verlede stilstaan nie.
Ons bly
dikwels in die verlede vasgevang. Die
enigste manier om uit die verlede los te breek, is om jou verwysingsraamwerk te
verander. Josef kon dit nogal goed
regkry. Hy het soveel rede gehad om sy
broers en vele ander in sy verlede te blameer en voortdurend homself te
bejammer vir dit wat met hom gebeur het.
Tog sê hy in Genesis 50 : 20 Wat
my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is.
Hierdie manier
van dink het Josef bevry van die verlede.
Hy kon die positiewe sien wat daaruit voortgespruit het en wat meer is,
Hy kon God se hand daarin sien.
Filippense 3 : 13 beveel tog aan dat ons vergeet van dit wat agter ons
is en ons uitstrek na dit wat voor ons is.
Weereens ‘n paradigma skuif. Ek
glo nogal daaraan om negatiewe gedagtes met positiewe gedagtes te vervang. Dit is die katalisator om jou na daardie
beter plek te neem en die verlede te laat waar dit hoort… in die verlede.
Elke gedagte
wat God jou gee, het die krag om vervul te word byvoorbeeld “Moenie bang wees nie. Jy sal nie weer verneder word nie. Moenie
bang wees vir die skande van voorheen nie.
Jy sal die skande van jou jeug vergeet (Jesaja 54 : 4 NLV)” of Die vorige dinge sal nie meer onthou word
nie en nie in die gedagte opkom nie.
Wees bly en jubel oor wat Ek gaan skep (Jesaja 65 : 17 – 18 NLV)
Natuurlik kan
hierdie dinge nie oornag gebeur nie. Dis
‘n proses en daardie proses gaan jou op ‘n pad van groei en vergifnis
neem. Partykeer moet jy ander vergewe en
soms jouself.
En onthou Want alles wat God belowe het, het waar
geword toe Christus gekom het (2 Korintiërs 1 : 20 (ABA)
No comments:
Post a Comment