Jeremia 29 : 11 Ek weet
wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil
vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Die
sleutelwoorde in hierdie vers is “Ek weet”.
God weet presies wat Hy vir ons beplan.
Niks gebeur per toeval of per ongeluk.
Ons weet natuurlik
nie wat die toekoms inhou nie en daarom word ons soms onverhoeds betrap wanneer
iets onverwags gebeur. Soms laat dit ons
verwese en mismoedig; dalk selfs oorweldig.
Ons verstaan nie hoekom hierdie dinge met ons gebeur nie.
Miskien moet ons, ons perspektief verander. Die situasie
het nie vir God onverhoeds betrap nie.
Saam met die teenspoed ontvang ons ook die krag, deursettingsvermoë en
vasberadenheid om daardeur te kom. (1 Petrus 1 : 6-7 beproewinge kan daar wees)
God het steeds
die uitkoms, toekoms en verwagting in gedagte.
Selfs te midde van jou omstandighede sal jy God se ondersteuning
ervaar. Jy is Sy gesalfde. Jy is geseën.
Jy is die kop en nie die stert nie.
Die Een wat
vir jou is, is groter as die magte teen jou.
Vertrou God. Gee Hom ‘n kans om ‘n
Waarmaker van Sy Woord te wees. Hy is
saam met jou soos in Psalm 23 : 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek
nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig.
No comments:
Post a Comment