Hebreërs 12 : 1-2 Terwyl ons dan so 'n groot skare
geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde
wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met
volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die
geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die
kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou
aan die regterkant van die troon van God.
Ons lewe in ‘n
tyd van kompetisie. Dis amper ‘survival
of the fittest’. Van kleins af word ons
geleer om goed te vaar… om jou beste te lewer. Op skool word kinders deesdae nie net gedruk
om akademies te presteer nie, maar ook om op die sportveld te presteer.
Skole ‘koop’
presteerders, want sulke leerders is goed vir die skool se naam en gee hul die
reg om die skoolfonds op te sit omdat die skool ‘gesog’ is. Die gekoopte leerders is natuurlik nie deel
van die betalers nie . Presteerders kry
beurse. Presteerders kom iewers in die
lewe.
Wees
waaksaam. Jy kan maklik by hierdie
situasie ingetrek word en vir die res van jou lewe kompeteer met almal rondom
jou. Jy kan op ‘n punt kom waar jy
jouself voortdurend meet aan die persoon langs jou. Jy kan selfs jou eie vermoëns begin betwyfel
en altyd voel asof jy te kort skiet, nie goed genoeg is nie.
Hardloop jou
eie resies. Wees die beste weergawe van
jouself. Jy is wie Hy jou geskape het om
te wees en jy fokus daarom net op Hom en wat Hy van jou verwag.
Selftevredenheid
is ‘n wonderbaarlike gawe van God. Dit
is wanneer jy uiteindelik besef wie jy is, hoe uniek jy is en dat God tevrede met jou is. Dis ook wanneer jy sal besef
dat jy perfek in jou vel pas en sal begin uitstyg bo ander sonder om ‘n vinger
te verroer, nie omdat jy so oulik is nie, maar omdat Hy so getrou is.
No comments:
Post a Comment