Thursday, 22 December 2016

Markus 1 : 1 - 2

Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só:

In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak

Geseende Kersfees liewe leser.  Dankie dat jy Wat sê die woord so getrou ondersteun.

Wednesday, 21 December 2016

Hagai 1 : 4

Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?

Tuesday, 20 December 2016

2 Timoteus 3 : 1 - 5

Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom.

Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig;

hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie;

hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God.

Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.

Monday, 19 December 2016

Deuteronomium 5 : 6


“ ‘Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.

Sunday, 18 December 2016

Jakobus 2:10 - 12

As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie.  God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog 'n oortreder van die hele wet.  Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak.

Thursday, 15 December 2016

Geen afgode nie

Levitikus 19 : 4  Julle mag nie afgode dien nie en julle mag nie vir julle afgodsbeelde maak nie. Ek is die Here julle God.

Lees jy die sterrevoorspelling om te sien hoe jou week gaan wees?  Besoek jy ‘n Fortuinverteller om te hoor of jy gaan trou, of kinders hê.  Koop jy Lottokaartjies?

Daar is net Een God.  Net Hy kan en sal voorsien.  As jy waarlik glo dat jou lewe in Sy hande is, sal jy jou nie bekommer oor die toekoms, waar jy geld sal kry vir aftrede of net om te oorleef nie.  God sal voorsien.  Dit is wat Hy oor die eeue heen beloof en niks het nog verander nie.

In Genesis het God ‘n verbond gesluit met die mens en soos wat Hy vir die kinderlose Abraham en Sarah ‘n nageslag gegee het, sal Hy ook die onmoontlike in jou lewe bewerkstellig.

Dikwels is dit ‘n paar mense wat God beweeg om van plan te verander.  Lot en sy familie is gered… Noag en sy familie is gered… die Israeliete is na ‘n beloofde land gelei.  Al hierdie mense het een ding in gemeen gehad… hul het God gedien met alles binne hul en niks verafgod nie.

Laat ons onthou waaroor Kersfees gaan.  Dit gaan nie oor kersliggies, kersmusiek en kersetes nie… ook nie oor familie nie… dit gaan oor die herdenking van Jesus Christus se geboorte.

Hiermee wens ek jou en jou gesin ‘n Geseënde Kersfees toe… ‘n ware Christusfees en alles wat mooi is vir 2017.  Laat God voorstap.

Wat sê die Woord, bring vir jou van Maandag af ‘n teksvers gedurende die vakansieseisoen.

Tuesday, 13 December 2016

'n Lewe van oorvloed

Johannes 10 : 10 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

Behalwe dat ons in ‘n land vol werklike misdaad leef, is daar ook elke dag ‘n aanslag op ons menswees.

Goeie voornemens is nie genoeg om jou staande te hou teen die aanslae van die duiwel/dief nie.  Hy lê op die loer en hoop om jou tot breekpunt te dryf.  Dalk trek hy jou net in by ‘n geskinder of dalk is dit veel erger, dat Hy jou sover kry om te vloek of jou humeur te verloor.  Ander kere oortuig hy jou weer om sleg te praat van ‘n kollega.  Hoe erg die uitdagings is, of hoe ver jy val, hang af van jou verhouding met God.

Jy moet tyd maak om stil te raak en weer te onthou dat jy ‘n kind van die Lewende God is.  

Versoekings en uitdagings sal daar wees, maar jy mag nie vergeet wie jy is nie.

God het gekom sodat ons die lewe in oorvloed kan geniet sonder dat die vyand sy kloue in ons geslaan kry.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...