Johannes 10 : 10 'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom
sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.
Behalwe dat ons in ‘n land vol werklike misdaad
leef, is daar ook elke dag ‘n aanslag op ons menswees.
Goeie voornemens is nie genoeg om jou staande te
hou teen die aanslae van die duiwel/dief nie.
Hy lê op die loer en hoop om jou tot breekpunt te dryf. Dalk trek hy jou net in by ‘n geskinder of
dalk is dit veel erger, dat Hy jou sover kry om te vloek of jou humeur te verloor. Ander kere oortuig hy jou weer om sleg te
praat van ‘n kollega. Hoe erg die
uitdagings is, of hoe ver jy val, hang af van jou verhouding met God.
Jy moet tyd maak om stil te raak en weer te onthou
dat jy ‘n kind van die Lewende God is.
Versoekings en uitdagings sal daar wees, maar jy mag nie vergeet wie jy
is nie.
God het gekom sodat ons die lewe in oorvloed kan
geniet sonder dat die vyand sy kloue in ons geslaan kry.
No comments:
Post a Comment