Het jy al ooit na
‘n hamster gekyk wanneer hy op sy wieletjie hardloop? Alhoewel hy alles insit, kom hy nêrens.
Ons doen presies dieselfde. Ons hardloop soos ‘n hamster op ‘n wieletjie
met ons probleme, val doodmoeg van die wieletjie af in die bed, staan met
loodvoete op, strompel werk toe, klim op die wieletjie, hardloop voluit, klim
doodmoeg af... Dis genoeg om jou moeg te
maak; kragteloos. Geen wonder ons voel verlore en asof ons
alleen die stryd stry nie?
Die oplossing
is so voor die hand liggend dat ons dit totaal miskyk. Vra vir Jesus. Here, U ken my nood. Voor ek U nog vra, weet U alreeds wat ek
nodig het. Here, neem asb beheer van my
lewe, maak my rustig... Ek vertrou volkome op U.
No comments:
Post a Comment