“Hulle het my pa doodgemaak
en hulle het ook my oom doodgemaak, wat die President van Amerika was,” het
Robert Kennedy Jr gesê en toe bygevoeg “en daar is iets wat ook besig is om my
dood te maak. Ek kan myself nie weerhou van
sterk drank nie. Dis soos ‘n monster
binne my; om my te vergryp aan drank is besig om my dood te maak.”
Ironies genoeg is Robert
Kennedy nie die enigste mens met hierdie monster binne hom/haar nie. Daar is soveel mense wat dag in en dag uit
hulself aan drank vergryp. Drank
isoleer hul van alles en almal rondom hul.
Dit stomp hul af teenoor hul geliefdes en oorheers hul denke. Drank het ‘n houvas op die individu wat alle logika te bowe gaan. Soveel oënskynlik
suksesvolle mense koester hierdie monster jaloers binne hul. Hul ontken dat daar ‘n probleem is en sommige
probeer dit regverdig, maar dit bly ’n problem.
In Matteus 8 : 32 lees ons hoe Jesus die bose geeste uitgedryf
het. “Gaan!” het Hy vir hulle
gesê. Hulle is toe uit die mense uit en het in die varke ingevaar. Die hele
trop het meteens op loop gesit teen die hang af, die see in, en het in die
water versuip. Die
bose geeste was dalk nie die drank duiwel nie, maar as Jesus dit kon doen, kan
Hy jou ook verlos van die monster binne jou.
Vra Hom om jou te help en word ‘n nuwe mens – eis jou lewe terug.
No comments:
Post a Comment