Tuesday, 4 June 2013

Ware liefde


1 Konings 3 : 26  Maar die ma van die kind wat lewe, begin toe by die koning smeek, want haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba, en sy sê: “Asseblief, U Majesteit, gee die seuntjie wat lewe vir haar, moet hom tog net nie doodmaak nie.” Maar die ander vrou sê: “As ek hom nie kry nie, kry jy hom ook nie. Sny hom deur!”

Jy ken die verhaal wat hom in Konings afspeel.  Twee vrouens wat stry oor wie die kind moet kry.  Koning Salomo sê toe dat hy die kind in die helfte gaan sny dan het elkeen ‘n helfte.  Die eerste vrou het heftig reageer:  "As ek hom nie kry nie, kry jy hom ook nie.  Sny hom deur."  Die tweede vrou het die wonder-woorde hierbo geuiter:  ”Gee die kind vir haar, moet hom tog net nie doodmaak nie.”  Uit haar reaksie was dit vir Koning Salomo duidelik wie se kind dit was, want as jy waarlik lief is vir iemand sal jy hom/haar tog nie wil doodmaak nie.

Hoeveel keer baklei ons oor nietighede?  Ons wil ten alle koste wen – ‘n punt bewys.  Ons kan tog nie bes gee nie!  Hy/sy moet ‘n les geleer word.  Deesdae sal mense mekaar eerder vernietig as om die minste te wees.  In meeste gevegte is daar geen wenner nie.  Een kry nie wat hy/sy wil hê en die ander verloor sy/haar integriteit.  

Jy hoef nie altyd te wen nie.  Betoon ware liefde... Die wat eerste was, sal eendag laaste wees…

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...