Alles en almal is geskape om perfek binne God se volmaakte plan in te
pas. Van bio-diversiteit kan ons Hom
niks leer nie. In vers 35 vra hy
finaal: “Wil jy vir God kom teregwys,”
wat al hierdie dinge gedoen het waartoe jy nie in staat is nie?
Is dit nie alles wonderwerke nie?
God laat wel die mens toe om te ontwikkel en vooruit te gaan, maar
sekere dinge sal ons nooit kan doen nie.
Ons kan soutwater ontsout, maar ons kan nie reën maak nie. Sonder water is ons verlore.
Dis tyd dat ons ons beperkinge as mense erken en weer met nuwe oe begin kyk na waartoe God in staat is.
No comments:
Post a Comment