Partykeer kan ons grootste
swakheid ons grootste krag word. Daar
was ‘n 10-jarige seun wat ten spyte daarvan dat hy sy linkerarm in ‘n
motorongeluk verloor het, Judo geneem het.
Die seun het gevoel dat hy
goed vorder, maar die Japanese Judo meester het hom net een beweging geleer en
na drie maande was die seun ‘n bietjie mismoedig.
“Sensei, hoekom leer u nie
vir my ‘n slag ander bewegings ook nie?”
“Dit, seun, is al beweging
wat jy nodig het,” het die Sensei geantwoord.
Alhoewel die seun nie
verstaan het nie, het hy sy leermeester vertrou en aangehou oefen. Maande later was daar ‘n toernooi waarvoor
die seun ingeskryf is. Hy’t elke geveg
gewen, ten spyte van die feit dat sy opponente groter, sterker en meer ervare
was. Op pad huis toe het hy en die
sensei die gevegte bespreek en die seun wou weet: “Sensei, hoe is dit dat ek elke geveg gewen
het?”
Jy het om twee redes
gewen: “Eerstens omdat jy daardie een beweging
byna vervolmaak het en tweedens omdat hul beste teen-beweging vir jou
wen-beweging sou wees om die linkerarm te gryp.”
Die seun se swakheid was in
hierdie geval sy krag. Ons weet nie
altyd hoekom dinge met ons gebeur of hoekom ons in sekere situasies beland nie,
maar God het ‘n groter plan met ons lewens.
Ons swakhede is die groenlig vir Hom om in te gryp.
No comments:
Post a Comment