Uittreksel uit Voetspore in
die Sand:
Die Here het geantwoord: “My liewe kind! Ek het jou lief en sal jou nooitverlaat
nie. Die tye wat jy net een ry spore
gesien het, was die tye toe Ek jou gedra het.”
Sommige gebeurtenisse
in jou lewe is so stormagtig dat net die krag van God jou daardeur kan
kry. ‘n Egskeiding, die dood van jou
eggenoot, ‘n kind se dood, personeelvermindering is dinge wat ons dink net met
ander mense gebeur totdat dit jou onverwags tref.
God wil jou ook deur jou huidige storm dra, vertrou op Hom. Ek wonder soms hoe ongelowiges ‘n krisis
oorleef, want ek kan my nie ‘n lewe sonder Hom aan my Sy voorstel nie.
No comments:
Post a Comment