Daar kom tye in
jou lewe dat jy vra: Wat kan nou nog
verkeerd gaan? Elke besluit wat jy die
afgelope ruk neem, blyk die verkeerde besluit te wees. Jy voel asof jy bid, maar God is doof of wil
jou eenvoudig nie hoor nie. Jy roep uit
na Hom. Psalm 55 : 2 Hoor my gebed, o God, moet tog nie
onverskillig staan teenoor my smeking nie. Jy smeek, dreig,
onderhandel, maar Hy is stil.
Dan, uit die bloute, ontvang jy ‘n epos of
sms wat woorde bevat wat daarop dui dat God naby is en jou liefhet. Jy verjaar en ontvang kaartjies met woorde
wat getuig dat God jou nooit sal versaak of verlaat nie. Jy kry smsse wat getuig van God se ewige
liefde en dat Hy vir jou sal sorg.
Hierdie boodskappe van Sy sorg en troue liefde kom keer op keer na vore. Is dit toevallig/ coincidence? Of is dit Sy
manier om jou te verseker dat Hy naby is en jou nie een oomblik alleen laat
nie?
As jy die woord toevallig opbreek
in lettergrepe, kry jy: toe val
lig. God se lig is deurlopend op jou, Hy
het nie een oomblik van jou vergeet nie.
Sy soeklig volg jou. Hy lei jou stilswyend
op die regte pad.
No comments:
Post a Comment