Hooglied van Salomo 8 : 6
Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk; dit
brand en vlam soos vuur.
Die liefde bly ‘n
magiese wonder waarna almal smag. Dit is
‘n basiese behoefte. Liefde is die
brandstof wat ons aandryf. Daar word
beweer dat kinders wat bemind is en ouerlike liefde ervaar, beter presteer op
skool as diegene wat uit ongelukkige huise kom.
Jong dogtertjies droom van hul droomman met wie hul eendag vir altyd
gelukkig sal saamleef. Daarom is die
liefde tussen ‘n man en ‘n vrou so kosbaar.
Net soos ‘n tuinier die plantjies vertroetel en versorg, so moet jy
daagliks aan jou huwelik werk. Die
beloning van ‘n mooi tuin, kom nie sonder sweet en swoeg nie en net so gaan ‘n
huwelik ook nie vanself floreer nie. \Onkruid skiet maklik wortel en kan jou tuin oorneem. So kan 'onkruid' ook jou huwelik ontsier. Werk daagliks daaraan om jou huwelikstuin 'onkruidvry' te hou.
Praat, deel, kommunikeer, respekteer, vertrou, lag saam, dien God
saam... Enige huwelik beleef krisisse.
Dan is dit verblydend om te weet dat God die Lighuis is wat julle sal
waarsku dat jul gevaar loop om te strand.
No comments:
Post a Comment