1 Kronieke 16 : 9 Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade.
Sing vandag
vandat jy jou oë oopmaak. Sing uit volle
bors. Sing ‘n lied vir God, ‘n lied wat
uit jou hart uit kom en daarvan getuig dat jy in sy sonskyn leef. Probleme sal daar altyd wees, maar as jy
lekker sing, trek dit jou aandag van jou probleme af.
Meeste liedere se woorde het ‘n pragtige boodskap. As jy nie self kan sing nie, sit die radio
aan en neurie saam. Jy kan selfs in jou
gedagtes sing as jy dalk met die publiek werk en nie hardop kan sing nie. Sing op pad werk toe, sing in die hysbak,
sing agter jou lessenaar, sing op pad huis toe, sing terwyl jy besig is met die
mees vervelige takies, sing in die bad/stort, sing as jy in die bed klim.
Kry vir jou ‘n ipod en prop dit in jou ore as
ander kla. Jy sal verbaas wees om te
sien hoe dit jou gemoedstoestand lig en jy Sy sonskyn op jou voel. En so gaan jy sing-sing deur die lewe.
No comments:
Post a Comment