Lukas 21 : 13 Dit sal vir julle 'n
geleentheid wees om van My te getuig.
Sondagoggend in ons gemeente het iets uitsonderliks gebeur. ‘n Groep Graad 8 & 9’s, het getuig van
hul ervarings na hul ‘n Toerustingkamp bygewoon het. Op die kamp is hul toegerus hoe om ander oor
Jesus in te lig. Hul het ook die
geleentheid gehad om jeug gevangenes te besoek, wat ‘n geweldige indruk op hul
gemaak het, maar wat vir my uitgestaan het, is dat hierdie groepie in ‘n
winkelsentrum ingegaan het en die moed gehad het om na wildvreemdelinge te stap
en met hul oor Jesus te praat.
Hoeveel van ons sou dit gedoen het?
Party van ons sal nie eens met ons vriende of familie oor Jesus praat
nie. Daar is seker goeie redes hoekom ons dit nie doen nie, maar dis nie wat
God van ons verwag nie. Ons moet die
Woord uitdra, want mense wil nie meer Kerk toe gaan nie. Mense het God nie meer nodig nie en dis omdat
ons nie ons kant bring nie.
Hierdie groepie kinders het menige volwassene hul koppe in skaamte laat
sak. En wat meer is, dit het nie daar geeindig vir hul nie. Hulle het Gebedsgroepe en Bybelstudiegroepe
in hul skole kom stig. Hulle is
opgewonde en vuur en vlam vir Jesus.
Wat
is jou verskoning?
No comments:
Post a Comment