Die president van Amerika het eens op ‘n tyd ‘n sekere stad
besoek waar ‘n groep soldate gesweet het om ‘n boom wat omgeval het uit hul pad
te verwyder. Die korporaal het hul
aangepor om harder te probeer, maar hulle kon dit eenvoudig nie beweeg nie.
‘n Vreemdeling wat op sy perd verbygery het, stop en beveel
aan dat die korporaal moet help, want dan sal hulle dit kan regkry.
Natuurlik antwoord die korporaal toe dat dit nie sy werk is
nie. Dis wat soldate doen. Korporaals gee bevele. Net daar klim die vreemdeling van sy perd af
en help die soldate om die boom uit die pad te sleep. Toe hulle die tak uit die pad gesleep het,
klim hy terug op sy perd en sê:
“Volgende keer, roep die Hoof van die Weermag.”
Eers later sou die korporaal uitvind dat die man George
Washington was, die President van Amerika, wat ook die Hoof van die Weermag is.
No comments:
Post a Comment