1 Timoteus 6 : 17 … Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid
van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.
Volgens
finansiele kundiges sal net 6% van die bevolking eendag onafhanlik kan
aftree. Dis genoeg om jou te laat
hiperventileer. Hoe gemaak as ek een van
die 94% is wat dan of van die staat of van my kinders afhanklik sal wees?
Meeste mense
probeer baie hard om voorsiening te maak vir hul aftrede, en is oortuig dat hul
voorbereid is, maar dan is daar al die ander faktore soos inflasie en die wereldekonomie
wat pandemonium saai onder ons planne.
En soms neem ons ingeligte besluite wat steeds skeefloop… iets waaroor
ons nie altyd beheer het nie.
Steven Covey
skryf in sy boek The Seven Habits of Effective People oor die Circle of
Control, Influence en Concern. Basies
kom dit daarop neer dat ons soveel tyd in die sirkel van kommer vermors, waar ons eintlik geen beheer het
nie, terwyl ons eerder ons energie moet fokus op die sirkel waar ons kontrole
het of die sirkel waar ons ten minste ‘n mate van invloed het.
No comments:
Post a Comment