Johannes 10 : 24 Die Jode het daar om Hom saamgedrom en vir
Hom gesê: “Hoe lank gaan u ons nog in onsekerheid hou?
Om kalm te bly terwyl jy
omring word met negatiewe nuus en statistiek, is nie altyd maklik nie. Die Jode het Jesus by hulle gehad en ook
hulle wou sekerheid van Hom kry.
Ongelukkig kan niemand vir
ons met sekerheid sê wat die toekoms inhou nie.
Ons kan ook nie iewers heen vlug en met sekerheid weet dat dit Eutopia
is nie. Om jou siek te maak met die ‘wat asse’ van die lewe is eenvoudig soos om
om ‘n atletiekveld te hardloop. Jy lê honderde meters af, maar jy kom nêrens.
Ons kan egter terugkyk op
ons lewenspad en onthou hoe God ons gedra en beskerm het en omdat ons weet dat
Hy nooit verander nie, kan ons met sekerheid weet dat Hy ons ook in die toekoms
sal dra en beskerm.
Geloof is immers om te
vertrou op daardie dinge wat jy nie noodwendig kan sien nie.
No comments:
Post a Comment