Eksodus 14 : 21
Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele
nag die water met 'n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en
die see daar drooggelê is
Dr
John Tibane vertel hoe hy eendag met sy sekretaresse reël om vroëer by die
besigheid te ontmoet omdat hulle ‘n belangrike kontrak moet gereed kry vir ‘n
kliënt. Daar gekom besef hy dat sy
sleutels by die huis lê. Hy wag
ongeduldig en 08h00 stap hy na die deur om ‘n nota vir haar te los dat hy daar
was, maar nou sy sleutels by die huis gaan haal. Tot sy verbasing hoor hy die telefoon lui en
hoe sybinne antwoord.
Die
voorval was vir hom ‘n openbaring, want skielik het hy besef hoeveel keer hy al
by toe deure in sy lewe omgedraai het, terwyl daardie deure bloot toe was, maar
nie gesluit nie. Dis ons besluit of ons
die deur gaan oopmaak, al dan nie.
Nou
die dag kom ek by die dokter, maar ek kan nie self die deur oopmaak nie, die
ontvangsdame moet dit met ‘n knoppie van binne oopmaak. Soms het ons iemand nodig om vir ons ‘n deur
oop te maak, maar ons moet ten minste arriveer.
Ek
was ook al onder die indruk dat ‘n winkel toe is, net om ‘n nota op die deur te
lees ‘Closed on account of the weather’.
So die deur is eintlik oop, dis my besluit of ek hom gaan oopdruk.
Jy
ken daardie deure by winkelsentrums wat begin draai as jy instap. Die deur draai egter net as jy naderkom. Ook hier is dit my besluit of ek gaan
naderstaan of bly glo die deur ‘werk’ nie, net omdat hy nie draai as ek nie
naby is nie.
Oor
die jare ervaar ons hoe deure vir ons oop- en toegaan. Ons doen aansoek vir ‘n pos, maar is nie
suksesvol nie… Ons het ons oog op ‘n
huis / motor, maar die transaksie val deur die mat… ‘n Verhouding wat so goed
begin het, loop dood… Vriendskappe wat
al jare lank bestaan, verwater nadat een party weggetrek het. Die dood beroof ons van ‘n geliefde…
Die
vraag is net: “Is daardie deure regtig
toe?” God het vir die Israeliete ‘n pad
deur die see gemaak, so Hy sal verseker vir jou deure kan oopmaak.
No comments:
Post a Comment