Psalm 116 : 10 Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het
dit is klaar met my
Wat is die basis vir geloof? Geloof is om te glo in die dinge wat jy nie
kan sien nie. Dis ‘n vaste vertroue op
die dinge waarop jy hoop.
Moses het
aanvanklik probeer wegkom, maar God het deur middel van plae vir Hom gewys dat
Hy tot enigiets in staat is. Hy het
Aaron vir Moses gegee en uiteindelik het Moses die pad gevat Kanaan toe met die
Israeliete. Moses het nie geweet hoe
nie, maar Hy het geweet dat God sou voorsien.
En God het nie net brood gegee nie, maar ook kwartels (vleis) en ‘n wolk
as skaduwee gedurende die warm trek deur die woestyn.
God het aangehou om Moses te bemoedig met
voortdurende wonderwerke – die see het in twee verdeel en die Israeliete is
droogvoet deur en toe die Egiptenare daar wil deur... Glo jy nog soos wat Moses
geglo het dat God jou in alle omstandighede sal help.
No comments:
Post a Comment