Matteus 6 : 34 Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.
Min mense beleef
die lewe een dag op ‘n slag. Sommige
leef in die verlede, terwyl ander in die toekoms leef.
Diegene wat in die verlede leef, bly vasklou
aan dit wat was. Hulle kan nie daarvan
afsien of laat los nie en sodoende geniet hulle nooit vandag nie, want hulle
bly treur oor wat was en hoop dalk dat vandag maar net kan wees soos wat dit
destyds was.
Diegene wat in die toekoms
leef, hoop weer op beter dae. As dit of
dat net wil gebeur, dan sal dit beter gaan.
Ook hier word vandag nie geniet nie, want die hoop op môre se beter dae,
is allesoorheersend.
God het elke dag
presies in 24 uur porsies afgemeet en deur die eeue heen het niks nog daaraan
verander nie. Maak die beste van vandag. Gister is verby en môre mag dalk nooit joune
wees nie.
No comments:
Post a Comment