Korinthiers 12:9 Sy antwoord
was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer
jy swak is.”
Wanneer die
lewe sy rug op ons keer, voel ons dikwels of dit die einde is. Spanning kan ons kniehalter, tot so ‘n mate
dat jy wonder hoeveel jy nog kan hanteer.
Dis tye dat God skitter en jou herinner:
“My genade is vir jou genoeg.”
Genade is
dalk die laaste wat jy ingedagte het.
God moet inspring en iets daadwerklik doen! Tonnelvisie tree in en ons
sien nie lig aan die kante nie, net ‘n stikdonker tonnel vol kommer en
probleme.
O, dis
moeilik om sulke slae kalm te bly. En
dan spring ons self in. Wanhopig,
desperaat en dikwels doelloos skarrel ons rond.
Raak rustig. Hoor Sy stem. “My krag kom juis tot volle werking wanneer
jy swak is.” Erken jou swakheid, jou hulpeloosheid en jou afhanklikheid, maar
bo alles, jou vaste vertroue dat Hy weet wat Hy doen en uitkoms sal gee op
presies die regte moment.
No comments:
Post a Comment