Nie almal glo in
God of sy bestaan nie. Op die internet sal jy mense kry wat wetenskaplik bewys
dat dit te koud was vir skaapwagters om daardie tyd in die veld te kon
wees. Hulle bevraagteken die logika van
‘n maagd wat ‘n kind baar – met reg, want dis menslik nie moontlik nie. Hulle verklaar onomwonde dat Hy nooit uit die
dood opgestaan het nie en sê dis absoluut verregaande dat Hy opgevaar het na
die hemel. Waar’s die hemel in elk
geval? Volgens hulle is Christene ‘n
klomp dromers wat in ‘n wêreld van hul eie leef.
Jy kan seker wetenskaplik al hierdie dinge
bevraagteken en twyfel in sommige se harte aanblaas, maar God verwag van ons om
soos kinders te glo. ‘n Kind
bevraagteken nie iets wat aan hom vertel word vir die waarheid nie.
Ek glo liewer in God en gaan hemel toe as wat
ek eendag uitvind dat alles waar was en ek die kans verloor het om my siel te
red. God het Sy bestaan al oor en oor
aan my bewys. Openbaring 22 : 20 Hy
wat dit alles getuig, sê: "Ja, Ek kom gou!" Amen! Kom, Here Jesus!
No comments:
Post a Comment