Daniël 6 : Toe Daniël hoor dat die dekreet uitgevaardig is, het hy na sy huis toe gegaan. Sy dakkamer se venster het na Jerusalem se kant toe gekyk en soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank. Wanneer jy in 'n land woon waar jy ter eniger tyd kan aanbid, besef jy nie hoe dit moet wees om oor jou geloof vervolg te word nie. Daardie voorreg kan enige tyd van ons weggeneem word. Daniël het in so 'n land gewoon waar dit ewe skielik onwettig was om te bid en jy net voor die koning mag kniel. Dit het Daniël egter nie ondergekry nie, want Hy't eerder op die almag van God vertrou as 'n koning. Ons ken die storie - Daniël en sy twee vriende beland in die leeukuil, maar die leeus se bekke bly gesluit. Selfs in 'n oond kon die woede en magsug van hierdie koning nie die almag van God oorwin nie en Daniël en sy twee vriende stap ongedeerd daar uit. Het ek en jy daardie geloof? Staan ons op vir God? Wys ons diegene tereg wat Sy naam ydelik gebruik? Hoe kan ons verwag dat God opstaan vir ons as ons nie vir Hom opstaan nie? |
Thursday, 17 October 2013
Daniel
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
Psalm 23 : 6 Net goedheid en guns sal my volg, al die dae van my lewe Daar is soveel mense wat geluk najaag, wat wonder wanneer hul ski...
No comments:
Post a Comment