Jesaja 49: 16 Ek het jou naam in my handpalms gegraveer...
As jy voel asof die lewe jou die rug gekeer het, wil ek jou vandag moed inpraat. Moenie mismoedig word nie. Wanneer 'n mens uitermatig beproef word, is dit maklik om jou eiewaarde te bevraagteken. Jy't aansoek gedoen vir hoeveel poste, maar jy kry eenvoudig nie 'n werk nie... Jy wil so graag iemand in jou lewe hê, maar eensaamheid bly jou enigste metgesel... Jy wil so graag bo jou omstandighede uitstyg, maar jy kry net nie 'n geleentheid nie...
Begin om met God oor hierdie gevoelens van jou te gesels. Jy is SO spesiaal vir hom dat jou naam in Sy handpalms gegraveer is. Dis nie met ink geskryf wat afwas nie. Dis nie op papier geskryf wat kan wegwaai nie. Dis in Sy handpalms gegraveer!
Monday, 21 October 2013
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Inligting
Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf. Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer. Daar is egter 'n tyd waa...
-
Deuteronomium 8:10 “Telkens wanneer jy genoeg geëet het, moet jy die Here jou God dank vir hierdie goeie land wat Hy aan jou gegee het. ...
-
Hemelse Vader, vandag is my huweliksdag en my hart jubel van vreugde en geluk. Gee dat die vreugde van hierdie dag nooit sal verdof of oms...
-
(ontvang via epos) Hou jou hand met die naels boontoe voor jou. Jou duim is naaste aan jou, so dis die die maklikste een on te ont...
No comments:
Post a Comment