Psalm 144 : 4 'n Mens, hoe
verganklik is hy tog: sy dae gaan soos 'n skaduwee verby.
Met tye beland ons in donker dieptes, dalk net in ‘n
skadu-plekkie, daar waar die son nie helder op ons skyn nie. Dis swaarkry-tye, hartseer tye,
mismoedigheid-tye, knie-bly-tye…
As ons terugdink is dit nie juis tye wat ons weer wil
beleef nie, maar meeste van ons sal darem ook kan erken dat dit die tye is wat
ons gemaak het wie ons vandag is. Daar
op moedverloor se vlakte het ons onsself dikwels behoorlik leer ken, en ja,
partykeer seker ook nie gehou van die persoon wat ons van nader leer ken het
nie. Maar dit is ook daar wat ons diepte
gekry het, waar ons op die swaar manier geleer het dat die lewe nie net uit
prêt en plesier bestaan nie.
Die analogie dat ‘n skaduwee altyd met ons is – geen
prent is volmaak sonder skaduwees nie -
skadu gee diepte en karakter – skadu is deel van die prent as ‘n geheel….
Deur die genade is God met ons, of die son skyn, of
die skadu’s oor ons skuif, of dit donker is.
Die feit dat jy Hom nie kan sien nie, beteken nie dat Hy jou nie kan
sien nie. Sy oog is liefdevol op jou
gerig.
No comments:
Post a Comment