Galasiers 1 : 10 Klink dit nou asof
ek die guns van mense soek, of soek ek die guns van God?
Leef jy om diegene rondom jou te plesier? Jy voel dalk dat hul goedkeuring jou
definieer. Hul opinie van jou is uiters
belangrik vir jou.
Vriende is belangrik, want ons leef nie in isolasie
nie, maar as daardie vriende jou verander in iemand van wie jy nie baie hou
nie, moet jy jouself begin afvra of dit regtig vriende is. Vriende is daar vir jou en wil net die beste
vir jou hê. Vriende vra nie net nie,
hulle gee ook. Vriende maak van jou ‘n
beter mens omdat hulle jou reghelp en uitkyk vir jou. En as jy regtig wil weet of jy die regte
vriende het, kan jy dit altyd daaraan toets deur jouself af te vra of Jesus
gemaklik sou wees in jou vriendekring.
Vra jouself ook af watter tipe vriend jy is en watter
rol jy in jou vriende se lewe speel.
Soek God se guns. Vra Hom om die regte vriende in jou lewe te bring en jy sal nie nodig hê om
mense se gunste wen nie.
No comments:
Post a Comment