Job 12 : 12 Wysheid kom in die
gryse ouderdom en insig na baie jare.
Wanneer jy klein
is, het jy net een wens - jy wil groot word.
Wanneer jy dan ‘groot word’ en skool toe gaan, droom jy weer van die dag
dat jy kan begin werk… dan van jou troue… jou kinders… en voor jy jou kom kry
kyk jy een oggend in die spieël en wonder wat het dan nou laas nag gebeur, want
ewe skielik het jy plooie en grys hare.
Ek belowe, dit gebeur oornag J Nee,
darem nie heeltemal nie, maar as jy al aanstap in jare dan weet jy dat niks jou
regtig op die ouderdom voorberei nie. Ewe
skielik is brille en pille bo aan jou inkopielysie en nie meer ‘n pragtige nuwe
swart nommertjie nie – van hulle hang daar al hoeka ‘n hele reeks nommertjies
wat jy ontgroei het in die kas. Jy ken
pille se name op die punte van jou vingers, maar kan nie dieselfde sê van die nuutste popsterre s’n nie. Jy koop eerder ‘n paar
gemaklike as modieuse skoene.
Ai, hoekom
moet mens oud word? Skielik verlang jy
terug na jou kinderjare en helaas daardie herinneringe is varser as wat jy nou
net in die kombuis wou kom doen.
Dankie tog dat
daar darem een seen daarme gepaardgaan – wysheid wat met die jare kom, en ‘n
rustigheid.
Geniet jou
goue jare, want dis ‘n seen uit God se hand.
No comments:
Post a Comment