Wanneer die seën in die kerk na die erediens uitgespreek word, is
dit vir my een van die hoogtepunte van die erediens. Dis elke keer asof God persoonlik die woorde
uiter en dit my moed gee vir die week wat voorlê.
In vandag se lewe, verg dit inspanning, dalk selfs dissipline, om
Sondagoggend op te staan vir kerk. Vir
baie mense is dit die enigste oggend waar hul bietjie verlore slaap kan inhaal
omdat hul nie vroeg hoef op te staan vir werk nie. Veral in die winter, is dit moeilik om op te
staan as jy weet jy hoef nie. Die vraag
is egter vir wie jy dit doen. Doen jy
dit vir mense, of doen jy dit vir God?
Dalk het jy opgehou om kerk toe te gaan. Dalk het ‘n leraar of kerk amptenaar jou
tenagekom. Dalk voel jy ontuis in die
kerk en asof niemand met jou kom gesels nie, so jy bly liewer weg. Dalk is jy net nie lus om kerk toe te gaan
nie. Wat ookal jou rede, onthou dat die
kerk nie uit mense bestaan nie, maar dat dit die huis van God is. Hy wil jou baie graag in Sy huis
verwelkom. As jy oorsee woon, en daar is
nie ‘n kerk naby nie, skakel in op ‘n Christelike radio stasie.
Ek wil so graag hê jy moet ook daardie salige gevoel ervaar as die
woorde gespreek word: “gaan dan in vrede…”
No comments:
Post a Comment