Psalm
85 : 2-5 U was goed vir u land, Here, U
het aan die nageslag van Jakob ‘n nuwe toekoms gegee; U het u
volk sy sonde nie toegereken nie, hom al sy skuld kwytgeskeld. Sela; U het u woede laat bedaar, u gloeiende toorn
laat afkoel; Ontferm U weer oor ons, o
God, ons Verlosser, moet tog nie langer op ons toornig wees nie!
Kerke loop leeg, en terselfdertyd gaan ons land ten gronde. Het die twee dalk iets met mekaar te doen? Dis tyd dat ons as volk terugkeer na die huis van die Here. Ons kinders moet grootword in die kerk… Sondagskool toe gaan… waardes leer… ‘n anker in God ontdek…
Mense wil glo nie
meer kerk toe gaan nie, want die kerk het nie tred gehou met vandag se lewe
nie. Waar op dees aarde het jy al gehoor dat God nie tred hou met die
lewe nie? Hy is gister, vandag en môre dieselfde. Die Bybel is soms
skrikwekkend relevant – asof dit vandag geskryf is.
Die kerk is nie ‘n
teater waar jy vermaak moet word of ‘fun’ moet hê nie. Dis ‘n plek van
eerbied en introspeksie. Die fout lê nie by die kerk of die predikant
nie, maar by ons. Ons is so ver van God dat ons nie meer met sy
‘huis-reëls’ kan identifiseer nie. Terwyl ons van kerk tot kerk sweef,
gaan siele verlore. Terwyl ons die dominee en die kerk blameer, kan ons
al moue opgerol het en begin het om vissers van mense te wees. Die
oes is groot en die arbeiders min (Matt 9:37)
Soos die Israeliete is Suid-Afrikaners in
ballingskap. Ons eie land het vir ons ‘n vreemde plek geword. Net
soos Dawid in Psalm 85, moet ons ook begin roep na God, hom smeek om Hom oor
ons te ontferm en vir ons uitkoms te gee. Net Hy kan ons red.
No comments:
Post a Comment